Naam van Eenheid: Savanna Selfsorg Akkomodasie
Savanna is ‘n gerieflike selfsorgeenheid, vir 6 gaste, in die Leeupoort Vakansiedorp, ‘n natuurreservaat in die Limpopo-provinsie.
Die eenheid is op die eerste verdieping van die hoofhuis met ‘n eie privaat ingang. Dit beskik oor 3 slaapkamers met dakwaaiers, ‘n badkamer, kombuis, speletjies- eet- en sitarea. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in al die kamers gebruik een badkamer wat ‘n losstaande bad en ‘n stort het. Daar is ook ‘n privaat buitestort met warm water.
Die oopplan-kombuis is met ‘n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en oondjie, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die etenstafel het 6 stoele. Die leefarea het lugversorging, ‘n TV met sekere DStv-kanale, ‘n DVD-speler, vingerbord, bakatel en ‘n pooltafel. Die agterstoep bied ‘n dakwaaier, ingeboude braaigeriewe en ‘n veerpyltjiebord.
Daar is ook braaigeriewe op die perseel en ‘n buite-broodoond. Die braai-area en stoep is veilig vir dierebesigtiging en beskik ook oor baie goeie beligting om nagdiere te besigtig.
Leeupoort Vakansiedorp bied aan gaste die geleentheid om vrylopende wild en verskeie voëlspesies te sien, en aktiwiteite in die omgewing sluit fietsry, draf, stap, wildritte en swem in die gemeenskaplike swembad in. Die dorp het ‘n slaghuis, winkel, drankwinkel en ‘n restaurant.
FASILITEITE | FACILITIES
| BESKRYWING | DESCRIPTION | HOEV | QTY | 
|---|---|
| Slaapkamers | Bedrooms | 3 | 
| Badkamers | Bathrooms | 1 | 
| Kombuis | Kitchen | 1 | 
| Eetplek | Dining Area | 1 | 
| Sitkamer | Lounge | 1 | 
| Koninginbeddens | Queen Size Beds | 1 | 
| Dubbelbeddens | Double beds | 1 | 
| Enkelbeddens | Single Beds | 2 | 
| Ys-Vrieskas | Fridge | 1 | 
| Vrieskas | Freezer | 1 | 
| Stoof | Stove | 1 | 
| Mikrogolf | Microwave | 0 | 
| Lugreëling | Air Conditioner | Ja | Yes | 
| Waaiers | Fan | Ja | Yes | 
| Braaiplek | Barbeque Area | Ja | Yes | 
| Splash Pool | Nee| No | 
| Handdoeke | Towels | Nee | No | 
| Lakens | Linen | Ja | Yes | 
| Duvets | Duvets | Ja | Yes | 
| Komberse | Blankets | Ja | Yes | 
| Kussings | Pillows | Ja | Yes | 
| Bad | Bath | Ja | Yes | 
| Stort | Shower | Ja | Yes | 
| TV | TV | Ja | Yes | 
| DSTV | DSTV (Limited) | Ja | Yes | 
EKSTRA | EXTRA
- Stofie met 2 Plate en Oond | Stove with 2 Cooking Plates and Oven.
 - Buite Brood-oond | Outside Pizza or Bread Oven
 - Buite Stort / Outside Shower
 - Pooltafel | Pool Table
 - Veerpyltjies / Darts
 - Vingerbord
 
BESPREEK NOU | BOOK NOW
Kontak | Contact: Oubaas
| Tel | Phone: | +27 82 774 7662 +27 61 540 4284  | 
| WhatsApp: | +27 82 774 7662 +27 61 540 4284  | 
| Epos | Email: | oubaasbreytenbach(@)yahoo.com | 
























