Spog Rooibokke van Leeupoort.

Rooibok

ROOIBOKKE – Hierdie boksoort is in feitlik elke land in Afrika teenwoordig en ook seker die mees gesogde en populêre wildsbok. Die rooibok is seker ook die mees grasieuse wildsbok. Hul voedsel is hoofsaaklik blare, sade, fyn takkies en gras. In die Kruger Park is daar ongeveer 130,000 rooibokke, wat meer is as al die ander wildsbokke saam.

Die volwasse rooibokram weeg sowat 50 kg. Hierdie wildsbok kan ongeveer 3 m hoog spring en sowat 12 meter vêr. Wildboere oor die algemeen het rooibokke op hul wildsplase. Kom geniet gerus `n wegbreek naweek of midweek by Leeupoort Vakansiedorp om die rustige rooibokke en ander wild op Leeupoort te sien.

‘n Ram maak vir hom `n troppie van sowat 10 ooie bymekaar wat `n harem genoem word. Sodra die lammers so `n jaar oud is, skei die rammetjies af en die groepie ramme loop op hul eie totdat hulle groot genoeg is om `n troppie ooie bymekaar te maak.

Daar is ook boere wat met die eksotiese swart rooibokke boer. So `n ram kos R450,000 plus. `n Gewone rooibokooi wat dragtig is van `n swart rooibokram se prys is sowat R30,000. Die lam word dan `n “split” genoem.

‘n Rooibokram, en/of die ooi met haar lam, kan uitsonderlike fotos oplewer. Om mooi naby fotos te neem, kom kuier gerus op Leeupoort waar die wild baie mak is.

Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480
Wild Rooibok 640×480