BOSVELDKOLE – Met `n passie vir die natuur kan jy nie anders as om `n heerlike braai te hou nie en dit dan nog daar doer in die bos weg van die huise. Leeupoort Vakansiedorp se klimaat leen hom daartoe om te braai en dit maak nie saak hoe laat dit is nie. ‘n Braaiplek in die bos op Leeupoort Vakansiedorp is spesiaal ingerig vir die ouens wat weg van die huis wil ontspan. Die braaiplek is tussen die tambotiebome ingerig en ‘n mens moet net nie van daardie bome se takke op die vuur gooi nie, want dan kry jy ‘n ernstige omgekrapte maag.
Luister gerus na “Hardekole” deur Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refense om ‘n gevoel te kry van ‘n lekker bosveld braai saam met vriende.
Daar in die bos praat die natuur met jou want die rustigheid wat die stilte meebring en die wild wat hier om jou rondstap bring n kalmte wat net op Leeupoort Vakansiedorp ervaar kan word.
By hierdie piekniekplek is nog nalatenskap van die trekkers toe hulle verder noord getrek het want onder die tambotiebome is nog stukke van ossewaens wat daar agtergelaat was omdat dit onklaar geraak het en die trekkers nie die nodige gereedskap by hulle gehad het nie.
Maak gerus van bekostigbare selfsorg akkommodasie gebruik wat beskikbaar is op Leeupoort en kom braai bietjie in die bos.













