Leeupoort: Lag en Klets Gesamentlik

KATLAGTERS – Wanneer jy nou praat van saampraat, deurmekaar praat of babbel dan praat jy nou van katlagters.  Partykeer gebeur dit mos ook so met mense!!

Nou die dag terwyl ons so agter die huis op Leeupoort Vakansiedorp  by die braaiplek om die es sit kom daar `n kolonie katlagters met ‘n lawaai aan en so vinnig as wat hulle met `n basuin daar aangekom het stop die gekletter eensklaps en begin hulle tussen die blare en takkies op die grond rondsoek na kos soos goggatjies. Elkeen gesels saggies met hulself terwyl hulle met hulle bekkies orals  rond skrop vir die kossies. Hulle kleur is baie soos die dooie blare waar hulle so rondvroetel na kos.

Vernaam so laat agtermiddag sit hulle baie keer in ‘n ry op `n takkie styf teenmekaar waar party mekaar skoon pik van parasiete en hulle doen dit sonder een enkele geluid te maak.