Leeupoort: Wysheid in die Wolke

WEWERS – Aangeleerde gedrag kan mens so effens begryp, maar die instink ding is en bly `n enigma, `n raaisel,`n knoop wat niemand nog kon losmaak nie. In `n eksperiment is daar `n paar geslagte lank verskeie vinkspesies ( noen hulle maar wewers) in hokke geteel sonder dat daar geskikte materiaal, soos grashalms, vir hulle gegee is om hul neste mee te bou.

Ander “geskikte” neste is deur die voëls gebruik om in te broei. Na vele geslagte is daar toe weer vir die nageslag geleentheid gegee om op hulle besonderse wyse hulle neste te bou, of kom ons sê maar te weef. Sonder dat hulle ooit sulke neste of vakmanskap gesien het, het die nuwe geslag onmiddellik vinkneste begin bou, so goed en met dieselfde argitektuur en variasies wat eie is aan hulle besondere spesie. Leeupoort kan getuig van die ywerige vinke wat hierdie natuurreservaat versier.

Uittreksel met vergunning van Bospatrys.

Geskryf deur Chris Conradie