Steakie Oppie Kole op Leeupoort

Leeupoort Braai 640x480

ONTSPANNING – Die dae op Leeupoort se bosveld is heerlik. Die sonnetjie kan nie lekkerder wees wanneer jy by die ronde braaiplek by Ifafa 732, wat mens `n “es” noem, agteroor sit met jou voete op die rand van die es. Die swaai-braai wat mens hoër of laer kan stel kan jy gemaklik hanteer en dit word weggeswaai wanneer jy die vuurtjie pak om aan die brand te steek.

In plaas van teesakkies weg te gooi word dit in `n botteltjie gehou en `n bietjie lampolie daaroor gegooi. In die plek van Vuuraanstekers (“Fire Lighters”), gooi jy so vyf of ses teesakkies op die braaiplek en pak die bosveld se rooibos-hout daarop en steek die stapel hout aan die brand.

Met die heerlike weer wat ons in die bosveld geniet, is dit aangenaam om buite in die skemerte rustig te sit en braai. Die gesang van die fisante bring die rustigheid oor jou wat jy nie elders so sal ervaar en geniet nie. Jy sit nog so rustig dan, asof uit die niet, verskyn `n njala hier langs jou om te sien wat jy aanvang. Die njalabulle is so mak dat hulle brood uit jou hand eet.

`n Mens moet net versigtig wees dat hulle jou nie gaffel as jy iets te ete in jou hand het nie. Hulle kan baie gevaarlik wees. Wees versigtig om nie te naby hulle te kom nie.

Mak Wild Njala 640×480
Mak Wild Bosvark 640×480
Mak Wild Zebra 640×480
Sonsondergang 640×480
Ontspan Braai 640×480
Ontspan Braai 640×480
Leeupoort Vleisbraai